Diamant in jou
- Oct 9, 2017
- 2 min read

Ps 139:13,14 –
U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Hoeveel kere is ons nie tevrede oor hoe ons lyk nie? Jou ore staan bak, jou tone is krom, jou neus te groot. Ek dink ons vergeet soms dat God ons gemaak het. Dat Hy perfek geskep het, jy lyk nie presies soos enige iemand anders nie. Daar is net een van jou. En jou persoonlikheid, en jou gawes en talente is uniek. Dit is tyd dat ons ontdek wie ons is. Wat is ons sterk punte. Dawid het nie gekla oor dit wat met hom verkeerd is nie, maar God geloof omdat Hy hom gemaak het soos wat hy is. Dit is belangrik dat jy by die kosbare in jou moet by uitkom. Moenie net vaskyk in als wat jy verkeerd doen nie. Daar is mooi en goeie dinge in jou ook. Dit gaan nie net oor jou ‘looks’ nie. Ek weet dat op hierdie stadium van jou lewe is dit wat jy in die spieël sien vir jou belangrik. Ek wil hê jy moet vandag so bietjie dieper kyk as dit. Jy moet weet wie jy is, omdat jy ‘n kind van God is. God het net volmaak geskep, en as Hy dan jou maker is, het Hy jou perfek gemaak. Loof die Here vir dit wat jy goed kan doen, die mooi in jou. Voor jy nog gebore is het God jou al beplan tot in die fynste ‘detail’. Hy is ‘n God van ‘detail’ en Hy het nie net sommer afgerammel toe Hy jou gemaak het nie, maar jou beplan en tyd gevat met jou. Hy het jou lief. Jy is nie maar net nog een van Sy skeppings nie. Kyk na die skoenlappers, die voëls en die visse… hul het die mooiste kleure en perfekste lyne. Jy is deel van Hom en daarom is jy perfek nes jy nou daar sit.























































Comments