top of page

Kla jy of doen jy?

  • Gerda Jansen
  • Oct 30, 2017
  • 2 min read

Klaag 3:39 –

Wat kla ‘n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde oorwin. Jy hoef nie ver te soek vir ‘n klomp klakouse nie. Mens kry hul oral. Daar is geen fokus op die goeie en mooi van die lewe nie. Moenie jou omring met hierdie tipe mense nie. Kies vriende wat opbou, wat positief is en wees jy dan ook iemand waar vriende hul tyd by wil spandeer. Anders kan mense later eerder draaie om jou wil loop want hul weet as hulle met jou praat, gaan jy net kla. Doen iets oor jou omstandighede. Vra jouself af, is dit regtig so erg? Wat kan ek doen om dit beter te maak? Die volk Israel was gestraf deur God as gevolg van hul sonde. Daar was ‘n rede waarom dit met hul sleg gegaan het. Maar weet, dat dinge nie vir altyd ooit sleg bly nie. Daar kom altyd weer goeie tye. Dit kan maklik voel asof die een na die ander slegte ding met jou gebeur. Maar dit gaan oor hoe jy dit hanteer. Prys Sy Naam in alle omstandighede. Dit is ‘n keuse. Daar is altyd baie meer dinge om oor dankbaar te wees as om oor te kla. Sien jy die glas half vol of half leeg? Slegte goed kan ook met jou gebeur as gevolg van dit wat jy self verkeerd gedoen het, moenie dan ander mense daarvoor blameer nie. Verander jou denkwyse. Soms moet jy iemand vergewe, eerder as om oor hulle te kla. As jy nie self kan nie, vra God vir hulp. Vra Hom om vir jou die ligte rand om hierdie donker wolk te wys. Hy kan die slegte ding wat jou so onderkry wegvat en vervang met vreugde. Spandeer dan jy eerder die tyd op jou kniee as in ‘n groepie wat saam kla oor alles in die lewe.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page