top of page

Groen van jaloesie

  • Gerda Jansen
  • Nov 20, 2017
  • 2 min read

1 Sam 18:7,8 –

Die vroue het gedans en gesing: “Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!” Daaroor het Saul hom vererg. Dit het hom nie geval nie en hy het gesê: “Aan Dawid het hulle tienduisende gegee en aan my duisende. Die koningskap sal ook nog syne word.” Dis baie maklik om jou vas te staar teen ander mense se sterkpunte en jaloers te raak. Die een persoon kan beter hardloop as ‘n ander, die een het die vermoë om Wiskunde te snap sonder moeite. Jy kyk na jouself en jy voel minder goed. Daai ou is sterker as jy en daai girl kan baie beter ‘speeches’ doen in die klas as jy. Wat maak dit saak? Maak dit vir jou saak? Hoekom? Okay, so dit voel asof almal goed is in iets behalwe jy. Almal lyk tot beter as jy. Dit is alles leuens. Glo jy daardie leuens? Jy is spesiaal. Niemand anders het priesies die hare en oe soos jy nie, selfs nie eens jou tweeling broer of suster nie. Ons is almal verskillend en het almal spesiale gawes en talente gekry. Jy kies om net jou eie swakpunte raak te sien. Hou op daarmee. Jy mis soveel uit omdat jy heeldag staan en jou vergelyk met ander. En dan om jaloers te wees is verkeerd. Saul was jaloers op Dawid. Die Here het ‘n baie spesifieke doel en plan met Saul gehad, maar hy was so besig om op Dawid te fokus dat hy God se hart vir sy lewe gemis het. Jaloesie lei tot woede en aggressie. Dit is so onnodig. Fokus op dit wat jy goed kan doen, doen moeite om dit dan selfs te verbeter. Dis makliker om te verbeter aan iets waarin jy belangstel en waarvan jy hou. Fokus daarop en nie dit wat ander kan doen en jy nie.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page