top of page

Jy verstaan nie, al probeer jy

  • Gerda Jansen
  • Nov 27, 2017
  • 2 min read

Job 37:16 –

Weet jy hoe die wolke sweef?

Dit is die wonderlike werk van Hom wie se kennis volmaak is. Soms kan ons lekker sit en wonder oor dinge in ons lewe en vrae vra oor hoekom dit gebeur? Ons kan rondom ons kyk in die natuur en wonder hoe dinge werk, maar dit glad nie verstaan nie al probeer ons. Ons menslike brein is net te klein om te verstaan wie God is en hoe Hy werk. Daar is tye wanneer ons kwaad word en teen God wil uitvaar en met Hom wil baklei. Maar gou besef ons : God sal besluit. Ons wil so graag probeer verstaan. Sin maak van dinge. Maar net God ken al die antwoorde. Hy is volmaak en het kennis en almag wat ons nooit sal hê nie. Ek en jy is klein, nietige mense en Hy is God. Hy laat dinge gebeur met rede en met ‘n plan. Ons verstaan nie hoekom nie, en dit maak soms glad nie vir ons sin nie. Job kon nie verstaan waarom dinge in sy lewe ewe skielik begin verkeerd loop het nie. Sy vriend het hom herinner dat God alles beheer. Net daarna lees ons hoe God met Job self praat. Job besef wie hy is voor God. Wie is ons om te wil oordeel? Om te dink dat ons die beste weet in elke situasie? Al wat ek en jy moet onthou en weet is dat God almagtig is en Hy in beheer is. Ons moet op Hom vertrou. Ons hou vas aan Sy beloftes en weet dat Hy ons liefhet en net die beste vir ons elkeen beplan. Ons besef soos Job dat ons eerder moet stilbly en dat ons nie opgewasse is teen God nie.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page