top of page

Sing en dans vir Hom

  • Dec 11, 2017
  • 2 min read

Eks 15:20 –

Mirjam die profetes, suster van Aäron, het die tamboeryn gevat en al die vroue het met tamboeryne agternageloop en gedans.

Mirjam het vir hulle voorgesing. Ons dien ‘n wonderlike God en ons het so baie om voor dankbaar te wees. As ek dink hoe God ons elkeen liefhet en dit wat Hy elke dag vir ons doen, dan wil ek uitbars in lag, dans en wil ek sing vir Hom. My vreugde is by Hom, dit maak my sterk. Almal kla, maar ek en jy is mos anders as die meeste van ‘n groep, want ons is God se kinders. Hoe die wêreld gaan sien dat ons anders is, is deur anders op te tree as die meeste mense om ons. Al gaan dinge rof en baie erg verkeerd, kies ons om te sing en te dans voor God. Al wil jy dit nie fisies doen nie, kan jy dit in jou hart voor God doen,dit sien in jou gedagtes en net met jou gedagtes en denke Hom loof en prys. Maar daar is ook verseker ‘n tyd wat ons dit hardop moet doen, daar is iets wat dan ook gebeur in die geestelike wêreld. Ons vier ‘n fees, ‘n oorwinning en die vyand sal vlug. Ek hou daarvan om te dink dat ons saam met die engele God aanbid, maar ook saam met alles in die natuur, die wind wat waai deur die bome, die voëls wat sing, die sonbesies in die dag en die krieke in die nag maak ‘n klank om God te eer. Dit is waarvoor ons gemaak is, om aan Hom ons alles te bring. En hoe dan anders as om te sing en te dans. Met of sonder instrumente net soos Mirjam. Die volk was dankbaar en bly dat God hul van die Egiptenare gered het. Kom ons doen dieselfde.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page