top of page

Krag in jou woorde

  • Gerda Jansen
  • Dec 18, 2017
  • 2 min read

Spr 14:4 -

Kalmerende woorde bring lewe, skeinheilige woorde breek mense Ons besef nie altyd hoeveel krag daar is in ons woorde nie. Dit wat ek en jy sê kan mense opbou of afbreek. As jy eers iets gesê het kan jy dit nie terugvat nie, dit is uit. Ons praat sonder om te dink. Ons dink nie aan die nagevolge daarvan en wat dit vir ‘n ander persoon kan beteken nie. Ek kan erken dat die seerste wat ek al gekry het, was deur ander mense se woorde. Dit kom so vinnig en het ‘n leeftyd se impak op iemand. God se wil vir ons is om mense op te bou en nie af te breek nie. Dink byvoorbeeld as die onderwyser vir jou moet sê: “ Jy kan nie Wiskunde doen om jou lewe te red nie.” Dit laat ‘n wond, jy gaan nooit weer selfvertroue hê om enige somme se antwoorde te gee in die klas nie. Jy sal dalk selfs die vak los so gou as wat jy kan en ‘n ander een kies. Iemand sê vir jou: “Jy sing vals, ek dink jy moet eerder sagter sing of agter gaan staan.” Jy sal nooit weer die moed hê om naby ander mense te sing nie. Ek dink dit is hoekom baie mense net in die stort of in hul voertuie sing wanneer hul alleen is. Dit is werklik hartseer. Want jy kon op daardie oomblik dalk nie baie goed gewees het nie, maar as iemand jou gehelp het , kon jy dit dalk verbeter of verder ontwikkel het, en daarom mis soveel mense uit op iets groters wat hul dalk kon doen. As iemand op jou skree, skree jy terug, blaas jy die vlam nog groter op of bly jy kalm en rustig? Is jy eerlik in dit wat jy vir iemand sê of is jy skeinheilig. Kom ons wees opreg en opbouend wanneer ons met ander mense praat.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page